2 Kings 16:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Agas het na Damaskus gegaan om Tiglat-Pileser, die koning van Assirië, te ontmoet, en hy het 'n altaar gesien wat by Damaskus was; en koning Agas het aan die priester Uría die model van die altaar en die voorbeeld daarvan gestuur volgens al die vervaardiging daarvan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het koning Agas na Damaskus toe gegaan om koning Tiglat-Pileser van Assirië te ontmoet. In Damaskus het ’n altaar sy aandag getrek. Hy stuur toe ’n afbeelding en die bouplanne daarvan na die priester Urija. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe trek koning Agas Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, tegemoet na Damaskus; en nadat hy die altaar gesien het wat in Damaskus was, stuur koning Agas aan die priester Ur¡a 'n tekening en afbeelding van die altaar volgens die hele inrigting daarvan. |
| Afrikaans 1983 | Koning Agas het hierna Damaskus toe gegaan om vir koning Tiglat-Pileser van Assirië te ontmoet. Nadat Agas 'n altaar gesien het wat daar in Damaskus gestaan het, het hy aan die priester Urija 'n afbeelding en 'n model daarvan gestuur om dit getrou na te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe koning Agas gegaan het om Tiglat-Pileser, die koning van Assirië, in Damaskus te ontmoet, het hy die altaar gesien wat in Damaskus was. Koning Agas het toe vir Urija, die priester, 'n model van die altaar gestuur, asook 'n volledige plan vir die oprigting daarvan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Agas het vir koning Tiglat-Pileser gaan ontmoet in Damaskus. Toe Agas die altaar sien wat daar in Damaskus is, het hy 'n klein altaartjie gemaak wat dieselfde lyk en hy het dit saam met 'n plan van die altaar vir die priester Urija gestuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agas het Damaskus toe gereis om Tiglat-Pileser te gaan ontmoet. In Damaskus het hy ’n altaar gesien wat dadelik sy belangstelling gewek het. Hy het die afmetings en ’n model van die altaar aan die priester Urija gestuur en hom beveel om ’n replika daarvan te maak. |