2 Kings 15:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die agt en dertigste jaar van Asarja, die koning van Juda, het Sagaria, die seun van Jeróbeam, ses maande oor Israel in Samaria geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 In die 38ste jaar van koning Asarja se bewind in Juda, het Sagaria seun van Jerobeam II koning geword oor Israel. Hy het ses maande in Samaria regeer.
Afrikaans 1933/1953 In die agt en dertigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Sagar¡a, die seun van Jerobeam, oor Israel koning geword in Samar¡a -- ses maande lank.
Afrikaans 1983 In die ag en dertigste regeringsjaar van koning Asarja van Juda het Sagaria seun van Jerobeam oor Israel koning geword en ses maande in Samaria geregeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die agt-en-dertigste regeringsjaar van Asarja, die koning van Juda, het Sagaria, seun van Jerobeam, koning geword oor Israel in Samaria, ses maande lank.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sagaria seun van Jerobeam het in Samaria koning geword oor Israel in die ag-en-dertigste jaar nadat Ussia koning van Juda geword het. Sagaria was ses maande lank koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die 38ste jaar wat koning Asarja in Juda regeer het, het Sagaria, die seun van Jero- beam II, koning in Israel geword. Hy het ses maande lank in Samaria regeer.