2 Kings 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Behalwe dat die hoogtes nie verwyder is nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en reukwerk laat opgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hoogtes waar die volk vir die afgode geoffer het en wierook gebrand het, het hy egter nie vernietig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan. |
| Afrikaans 1983 | Hy het net nie van die hoogtes ontslae geraak nie. Die volk het nog op die hoogtes diereoffers en wierookoffers gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | net die offerhoogtes is nie verwyder nie. Die volk het nog steeds geslag en offers verbrand by die offerhoogtes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hy het nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog op die offer-plekke ge-offer en wierook gebrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het egter nie die heidene se heilige plekke vernietig nie. Die mense kon aanhou om diere daar te gaan offer en wierook te brand. |