2 Kings 15:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jotam het geslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jotam sterf, is hy in die familiegraf in die Dawidstad begrawe. Sy seun Agas het hom opgevolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jotam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans 1983 | Jotam is oorlede, en hy is in die familiegraf by sy voorvaders begrawe in die Dawidstad. Sy seun Agas het hom as koning opgevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jotam het by sy voorouers gaan rus, en is begrawe by sy voorouers in die Stad van Dawid, sy voorvader. Agas, sy seun, het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jotam het gesterf, en sy mense het hom begrawe by sy voorvaders in die stad van sy voorvader Dawid. Sy seun Agas het koning geword ná hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na sy dood is Jotam by sy voorvaders in die Stad van Dawid begrawe. Sy seun Agas het hom opgevolg. |