2 Kings 15:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die hoogtes is nie verwyder nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan. Hy het die hoër poort van die huis van die HERE gebou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het egter nie die hoogtes waar die volk vir die afgode offers gebring en wierook gebrand het, vernietig nie. Hy het die boonste poort van die tempel van die Here herbou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou het. |
| Afrikaans 1983 | Die volk het egter nie afgesien van die hoogtes nie: hulle het nog diereoffers en wierookoffers op die hoogtes gebring. Jotam het die boonste poort van die huis van die Here laat bou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | net die offerhoogtes is nie verwyder nie. Die volk het nog steeds geslag en offers verbrand by die offerhoogtes. Dit is hy wat die boonste poort van die huis van die Here gebou het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hy het nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog op die offer-plekke ge-offer en wierook gebrand. Dit is Jotam wat die boonste poort van die tempel laat bou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het egter nie die heidene se heilige plekke vernietig nie. Die mense kon aanhou om diere daar te gaan offer en wierook te brand. Dit was Jotam wat die Boonste Poort van die tempel van die Here herstel het. |