2 Kings 15:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hosea, die seun van Ela, het 'n sameswering gemaak teen Peka, die seun van Remalja, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek geregeer in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Ussia. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hosea seun van Ela het toe teen Peka seun van Remalja saamgesweer. Hy het hom aangeval, hom doodgemaak en koning van Israel geword in die twintigste jaar van Jotam seun van Asarja. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hos,a, die seun van Ela, het 'n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Rem lia, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Uss¡a. |
| Afrikaans 1983 | Hosea seun van Ela het teen Peka seun van Remalja saamgesweer, hom aangeval en doodgemaak en hom as koning opgevolg in die twintigste regeringsjaar van Jotam seun van Ussia. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hosea, seun van Ela, het 'n komplot gesmee teen Peka, seun van Remalja, hom neergevel en doodgemaak, en in sy plek koning geword in die twintigste regeringsjaar van Jotam, seun van Ussia. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hosea seun van Ela het planne gemaak teen Peka seun van Remalja. Hosea het Peka aangeval en doodgemaak en Hosea het koning geword in Peka se plek. Dit was in die twintigste jaar nadat Jotam seun van Ussia koning van Juda geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ela se seun Hosea het intussen ’n staatsgreep teen Peka beplan. Hy het hom aangeval en doodgemaak en in sy plek koning geword oor Israel. Dit het gebeur in die twintigste jaar wat koning Jotam van Juda, Asarja se seun, regeer het. |