2 Kings 15:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Pileser, die koning van Assirië, gekom en Ijon en Abel-Bet-Maga en Janoag en Kedes en Hasor en Gílead en Galilea, die hele land Naftali, ingeneem en hulle in ballingskap na Assirië weggevoer.
Afrikaans (NLV) 2011 Gedurende sy bewind het koning Tiglat-Pileser van Assirië die dorpe Ijon, Abel-Bet-Maäka, Janoag, Kedes en Hasor verower. Hy het ook die streke van Gilead, Galilea en Naftali verower en die inwoners as gevangenes na Assirië toe weggevoer.
Afrikaans 1933/1953 In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-M äga en Janoag en Kedes en Hasor en G¡lead en Galil,a, die hele land N ftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.
Afrikaans 1983 Tydens die regering van koning Peka van Israel het koning Tiglat-Pileser van Assirië die land ingeval. Hy het Ijon, Abel-Bet-Maäka, Janoag, Kedes, Hasor, Gilead en Galilea, die hele land Naftali, ingeneem en die inwoners het hy na Assirië toe weggevoer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die tyd van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Pileser, die koning van Assirië, gekom en Ijon, Abel-Bet-Maäga, Janoag, Kedes, Gasor, Gilead en Galilea, die hele gebied van Naftali, verower, en die inwoners weggevoer na Assirië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die tyd toe Peka koning van Israel was, het koning Tiglat-Pileser van Assirië na Israel gekom. Hy het die stede Ijon, Abel-Bet-Maäka, Janoag, Kedes en Hasor oorwin. Hy het die hele land Naftali, die land Galilea en die land Gilead gevat. Hy het die mense gevang en weggevat na Assirië.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Peka se tyd het Tiglat-Pileser van Assirië Israel weer aangeval. Hy het die stede Ijon, Abel-Bet-Maäka, Janoag, Kedes en Hasor ingeneem. Daarby het hy die streke Gilead en Galilea, die hele stamgebied van Naftali, afgeneem en die mense as gevangenes na Assirië weggeneem.