2 Kings 15:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die twee-en-vyftigste jaar van Asarja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Remalja, oor Israel in Samaria begin regeer en twintig jaar geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Peka seun van Remalja het koning geword oor Israel in die 52ste jaar van Asarja se bewind in Juda. Hy was twintig jaar lank koning in Samaria.
Afrikaans 1933/1953 In die twee en vyftigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Rem lia, koning geword oor Israel in Samar¡a -- twintig jaar lank.
Afrikaans 1983 In die twee en vyftigste regeringsjaar van koning Asarja van Juda het Peka seun van Remalja koning oor Israel geword en hy het twintig jaar in Samaria geregeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die twee-en-vyftigste regeringsjaar van Asarja, die koning van Juda, het Peka, seun van Remalja, koning geword oor Israel in Samaria, en twintig jaar lank regeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Peka seun van Remalja het in Samaria koning van Israel geword in die twee-en-vyftigste jaar nadat Ussia koning van Juda geword het. Peka was 20 jaar lank koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die 52ste jaar wat koning Asarja in Juda regeer het, het Peka, die seun van Remalja, koning in Israel geword. Hy het twintig jaar lank in Samaria regeer.