2 Kings 15:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Peka, die seun van Remalja, sy owerste, het 'n sameswering teen hom saamgesweer en hom verslaan in Samaria, in die paleis van die koning se huis, saam met Argob en Arie, en saam met hom vyftig man van die Gileadiete; en hy het hom doodgemaak en het in sy kamer geheers.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy bevelhebber, Peka seun van Remalja, het teen hom saamgesweer. Hy het met 50 manskappe van Gilead af gekom en Pekahia saam met Argob en Arje in die toring van die paleis in Samaria aangeval. Hy het hom doodgemaak en in sy plek koning geword.
Afrikaans 1933/1953 En Peka, die seun van Rem lia, sy adjudant, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom in Samar¡a in die vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gileadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword.
Afrikaans 1983 Sy adjudant, Peka seun van Remalja, het teen hom saamgesweer en hom aangeval in die toring van die paleis in Samaria. Met die hulp van vyftig man uit Gilead het Peka vir Argob, Arje en die koning doodgemaak en hom as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Peka, seun van Remalja, sy adjudant, het egter teen hom saamgesweer en hom in Samaria, in die vesting van die koninklike paleis neergevel saam met Argob en Haärje. By hom was vyftig man uit Gilead. Hy het hom doodgemaak en in sy plek koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Peka seun van Remalja was 'n offisier van koning Pekahia. Peka het planne gemaak teen Pekahia en hy het Pekahia aangeval in Samaria in die toring van die paleis. Argob en Arje en 50 manne van Gilead was saam met Peka. Peka het vir Pekahia doodgemaak en hy het koning geword in Pekahia se plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Remalja se seun Peka, wat Pekahia se adjudant was, het ’n staatsgreep teen Pekahia uitgevoer. Hy en 50 soldate uit Gilead het vir Pekahia, Argob en Arje in die paleis in Samaria doodgemaak. Peka het toe in Pekahia se plek koning geword.