2 Kings 15:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Menahem het die geld van Israel geëis, van al die magtige helde, van elkeen vyftig sikkels silwer, om aan die koning van Assirië te gee. Toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Menahem het die geld by die rykes in Israel bekom deur te eis dat elkeen van hulle 570 gram silwer as bykomende belasting moes betaal. Die koning van Assirië het toe sy manskappe onttrek en die land verlaat.
Afrikaans 1933/1953 En Men hem het oor Israel, al die persone van vermoë, die geld verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.
Afrikaans 1983 Menahem het elke burger in Israel 'n heffing opgelê om die koning van Assirië te kan betaal: vyf honderd en sewentig gram silwer per man. Toe het die koning van Assirië sy leër uit die land onttrek en teruggegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Menahem het die geld van Israel gevorder, van al die vermoënde manne, sodat hy dit vir die koning van Assirië kon gee – vyftig sikkel silwer van elke man. Die koning van Assirië het toe omgedraai en nie daar in die land gebly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Menahem het gesê elke man wat 'n stuk grond gehad het in die land Israel, moet 50 sikkels silwer vir hom gee. Hy het daardie geld vir die koning van Assirië gegee. Die koning van Assirië het toe teruggegaan, hy en sy manne het nie in die land gebly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Menahem het die geld in die hande gekry deur die land se ryk mense ’n spesiale belasting te laat betaal. Elkeen was verplig om 570 gram silwer betaal. Ná die betaling het Tiglat-Pileser besluit om nie die land aan te val nie, en is terug na sy eie land toe.