2 Kings 15:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Pul, die koning van Assirië, het teen die land gekom, en Menahem het Pul duisend talente silwer gegee, sodat sy hand met hom kon wees om die koningskap in sy hand te bevestig.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Tiglat-Pileser van Assirië het die land binnegeval. Menahem het hom toe 34 ton silwer betaal om sy steun te kry sodat hy ’n beter houvas op die koningskap kon uitoefen.
Afrikaans 1933/1953 Pul, die koning van Assirië, het die land oorval, en Men hem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.
Afrikaans 1983 Toe koning Pul van Assirië teen die land opgeruk het, het Menahem vier en dertig ton silwer betaal. Pul sou hom dan ondersteun in die handhawing van sy koningskap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pul, die koning van Assirië, het die land binnegeval. Menahem het aan Pul duisend kikkar silwer gegee, sodat hy hom sou ondersteun om sy beheer oor die koningskap te versterk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Pul van die land Assirië het gekom om Israel aan te val. Menahem het 1 000 talente silwer vir Pul gegee. Hy wou hê Pul moes hom help om koning te bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe koning Tiglat-Pileser van Assirië Israel in dié tyd aanval, het Menahem hom 34 ton silwer betaal. In ruil sou Tiglat-Pileser Menahem se koningskap in Israel steun.