2 Kings 15:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Menahem Tifsa verslaan en alles wat daarin was, en sy grondgebied van Tirsa af; omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie, daarom het hy dit verslaan; en al die swanger vroue daarin het hy opgeskeur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Menahem het die dorp Tifsag aangeval en almal tot so ver as Tirsa doodgemaak omdat die inwoners geweier het om hulle poorte vir hom oop te maak. Hy het al die inwoners doodgemaak en selfs swanger vroue oopgesny. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Men hem Tifsag verslaan met almal wat daarin was, en die grondgebied daarvan, van Tirsa af; omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; hy het dit verslaan en al die swanger vroue daarvan laat oopsny. |
| Afrikaans 1983 | Destyds het Menahem vir Tifsag aangeval. Omdat hulle nie die poorte vir hom wou oopmaak nie, het hy al die inwoners van die stad en almal uit die omgewing van Tirsa doodgemaak. Hy het al die swanger vrouens laat oopsny. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Menahem het in dié tyd Tifsag verwoes met alles wat daarin was, die hele gebied van Tirsa af. Omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie, het hy verwoesting aangerig. Al die swanger vroue het hy oopgesny. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sallum was koning toe Menahem die stad Tifsag oorwin het. Hy het almal in die stad en naby die stad doodgemaak. Hy het van Tirsa gekom, en die leiers van Tifsag wou nie die poorte van die stad oopmaak vir hom nie. Hy het al die vroue in die stad wat babas verwag het, oopgesny. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In dié tyd het Menahem die dorp Tifsag aangeval. Aangesien hulle nie die poorte wou oopmaak nie, het hy die stad en die hele omgewing tot by Tirsa se mense doodgemaak en die swanger vroue oopgesny. |