2 Kings 15:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit was die woord van die HERE wat Hy tot Jehu gespreek het deur te sê: Jou seuns sal op die troon van Israel sit tot in die vierde geslag. En so het dit gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Op hierdie manier het die Here se boodskap aan Jehu waar geword, naamlik: “Jou nageslag sal tot die vierde geslag op die troon van Israel sit.”
Afrikaans 1933/1953 Dit was die woord van die HERE wat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.
Afrikaans 1983 Daar was 'n uitspraak van die Here waarin Hy vir Jehu gesê het: “Jy sal seuns hê tot in die vierde geslag wat op die troon van Israel sal sit.” So het dit ook gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was die vervulling van die woord van die Here wat Hy tot Jehu gespreek het: “Daar sal vir jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.” Dit was toe so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het gebeur soos die Here vir Jehu gesê het: “ Jou nageslag sal tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het die Here se belofte aan Jehu waar geword. Hy het hom beloof dat daar tot in die vierde geslag iemand uit sy nageslag in Israel sou regeer.