2 Kings 15:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die verdere geskiedenis van Sagaria, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander gebeurtenisse tydens Sagaria se regering is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die verdere geskiedenis van Sagar¡a, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Die ander verhale oor Sagaria is opgeteken in die annale van die konings van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die verdere geskiedenis van Sagaria, kyk, dit is opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die ander dinge wat Sagaria gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van Sagaria se geskiedenis word vertel in Die lewe en werk van al Israel se konings. |