2 Kings 15:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Sallum, die seun van Jabes, het 'n sameswering teen hom gemaak en hom voor die volk verslaan en hom gedood en in sy plek geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sallum seun van Jabes het teen Sagaria saamgesweer, hom voor almal vermoor en in sy plek koning geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Sallum, die seun van Jabes, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword. |
| Afrikaans 1983 | Sallum seun van Jabes het teen hom saamgesweer, hom voor die oë van die volk aangeval en doodgemaak en hom toe as koning opgevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sallum, seun van Jabes, het 'n komplot teen hom gesmee, hom voor die volk neergevel en doodgemaak, en in sy plek koning geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sallum seun van Jabes het planne gemaak teen Sagaria en hy het Sagaria aangeval waar al die mense dit kon sien. Sallum het hom doodgemaak en hy het koning geword in Sagaria se plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sallum, die seun van Jabes, het teen Sagaria in opstand gekom en ’n staatsgreep uitgevoer. Hy het Sagaria in die openbaar doodgemaak en in sy plek koning geword. |