2 Kings 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe stuur Amasia boodskappers na Joas, die seun van Joahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar in die aangesig kyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n dag stuur Amasia hierdie uitdaging aan Israel se koning Joas, seun van Joahas en kleinseun van Jehu: “Kom ons veg teen mekaar!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe stuur Am sia boodskappers na Joas, die seun van Joahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien. |
| Afrikaans 1983 | Amasia het 'n boodskap gestuur na koning Joas van Israel, seun van Joahas, seun van Jehu: “Kom ons veg teen mekaar.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In dié tyd het Amasia boodskappers na Joas, seun van Joagas, seun van Jehu, die koning van Israel, gestuur om vir hom te sê: “Kom ons kyk mekaar in die oë. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In daardie tyd het Amasia boodskappers gestuur na Joas seun van Joahas seun van koning Jehu van Israel. Die boodskappers moes vir Joas sê: “Kom ons maak oorlog teen mekaar.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Amasia boodskappers na koning Joas van Israel, die seun van Joahas en kleinseun van Jehu, gestuur. Die boodskap was: “Kom, laat ons teen mekaar veg!” |