2 Kings 14:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het Edom in die soutdal tienduisend verslaan en Sela in die oorlog ingeneem en dit Jokteel genoem tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Amasia het 10 000 Edomiete in die Soutvlakte verslaan. Hy het ook Sela verower en die naam na Jokteël verander, soos dit vandag nog genoem word.
Afrikaans 1933/1953 Hy het die Edomiete in die Soutdal verslaan, tien duisend man, en Sela in die oorlog verower en dit Jokteël genoem, tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Hy het tien duisend Edomiete in die Soutvlakte verslaan en Sela in die oorlog verower en dit Jokteël genoem, soos dit vandag nog bekend staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is die een wat tienduisend Edomiete in die Soutvallei verslaan het. Hy het Sela in die geveg verower, en dit die naam Jokteël gegee, soos dit vandag nog is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is Amasia wat 10 000 Edomiete oorwin het in die Sout-vallei. Hy het die stad Sela in die oorlog oorwin en gevat, en hy het die naam van die stad verander na Jokteël. Dit is tot vandag toe die naam van daardie stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was Amasia wat 10 000 Edomiete in die Soutdal verslaan het. Hy het ook die dorp Sela verower en die naam na Jokteël verander, soos dit nou nog genoem word.