2 Kings 14:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die kinders van die moordenaars het hy nie gedood nie, volgens wat geskrywe is in die wetboek van Moses, waarin die HERE beveel het en gesê het: Die vaders mag nie vir die kinders gedood word en die kinders nie gedood word nie en dood vir die vaders; maar elkeen moet vir sy eie sonde gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het egter nie die sluipmoordenaars se kinders doodgemaak nie, want hy was gehoorsaam aan die eise van die Here volgens die boek van die bepalings van Moses, wat lui: “Ouers moenie doodgemaak word vir die sondes van hulle kinders nie, of die kinders vir die sondes van die ouers nie. Elkeen moet vir sy eie misdade tereggestel word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Hy het nie die kinders van die moordenaars ook laat doodmaak nie, soos dit op bevel van die Here geskrywe staan in die wetboek van Moses: “Vaders mag nie oor die optrede van kinders en kinders nie oor die optrede van vaders doodgemaak word nie. Elkeen kan net vir sy eie sonde die doodstraf kry.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die moordenaars se kinders het hy egter nie laat doodmaak nie, soos geskryf is in die •boekrol met die Wet van Moses, waar die Here beveel: “Ouers mag nie doodgemaak word oor kinders nie, en kinders mag nie doodgemaak word oor ouers nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het nie die kinders van die moordenaars doodgemaak nie, want in die Wette van Moses is geskryf dat die Here gesê het: “ Wanneer 'n kind sonde doen, dan moet sy pa nie daaroor sterf nie, en wanneer 'n pa sonde doen, dan moet sy kind nie daaroor sterf nie. Elkeen mag net vir sy eie sondes sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het egter nie hulle kinders laat doodmaak nie, want die Here verbied dit in die wetboek van Moses. Daar staan dat ’n ouer nie vir die oortreding van ’n kind, of ’n kind vir die oortreding van ’n ouer die doodstraf kan kry nie. Elkeen moet vir sy eie oortredings gestraf word. |