2 Kings 14:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die hoogtes is nie weggeneem nie, maar die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het net nie die heidense hoogtes waar die volk offers gebring het en wierook gebrand het, vernietig nie.
Afrikaans 1933/1953 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
Afrikaans 1983 Hy het net nie van die hoogtes ontslae geraak nie: die volk het nog diereoffers en wierookoffers gebring op die hoogtes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) net die offerhoogtes is nie verwyder nie. Die volk het nog steeds geslag en offers verbrand by die offerhoogtes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Amasia het ook nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog op die offer-plekke ge-offer en wierook gebrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) hy het nie die heidene se heilige plekke vernietig nie. Die mense kon aanhou om diere daar te gaan offer en wierook te brand.