2 Kings 14:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, maar nie soos sy vader Dawid nie; hy het gedoen volgens alles soos sy vader Joas gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Amasia het gedoen wat vir die Here reg was, maar nie soos sy voorvader Dawid nie. Hy het die voorbeeld van sy pa Joas gevolg.
Afrikaans 1933/1953 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen.
Afrikaans 1983 Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here, maar nie heeltemal soos sy voorvader Dawid gedoen het nie; hy het alles gedoen wat Joas, sy pa, gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here, maar nie soos sy voorvader Dawid nie. Hy het opgetree net soos sy vader Jehoas opgetree het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Amasia het dinge gedoen waarvan die Here hou, maar hy het nie alles gedoen soos sy voorvader Dawid nie. Amasia het gedoen soos sy pa Joas gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat Amasia gedoen het, het die Here tevrede gestel, maar nie soos sy voorvader Dawid nie. Hy het dieselfde dinge as sy pa Joas gedoen: