2 Kings 14:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die verdere geskiedenis van Jeróbeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg het en hoe hy Damaskus en Hamat, wat aan Juda behoort het, vir Israel teruggekry het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek nie van die konings van Israel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander gebeurtenisse tydens die regering van Jerobeam II, alles wat hy gedoen het, asook sy heldedade, sy oorloë en hoe hy Damaskus en Hamat, wat aan Juda behoort het, vir Israel herower het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die verdere geskiedenis van Jerobeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hy Damaskus en Hamat van Juda aan Israel teruggebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie? |
| Afrikaans 1983 | Die ander verhale oor Jerobeam en alles wat hy gedoen het, oor hoe dapper hy geveg het en hoe hy Damaskus en Hamat weer onder die gesag van Israel gebring het, is opgeteken in die annale van die konings van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die verdere geskiedenis van Jerobeam, alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy oorlog gevoer het, en hoe hy Damaskus en Hamat, wat vroeër aan Juda onderdanig was, weer onder beheer van Israel gebring het. Is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die ander dinge wat Jerobeam gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel. Hy het dapper dinge gedoen toe hy oorlog gemaak het en die stede Damaskus en Hamat teruggevat het. Damaskus en Hamat het voorheen aan Israel behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van Jerobeam II se geskiedenis en alles wat hy gedoen het, ook sy dapperheid in gevegte en hoe hy Damaskus en Hamat vir Israel teruggeneem het, word vertel in Die lewe en werk van al Israel se konings. |