2 Kings 14:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het nie gesê dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie, maar Hy het hulle verlos deur die hand van Jeróbeam, die seun van Joas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het nog nie gesê dat Hy die naam van Israel heeltemal sou uitwis nie. Daarom het Hy Jerobeam II, seun van Joas, gebruik om hulle te red. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jerobeam, die seun van Joas. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het nie gesê dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitwis nie, daarom het Hy hulle deur Jerobeam seun van Joas gered. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het nie te kenne gegee dat Hy Israel se naam onder die hemel sou uitwis nie, en Hy het hulle verlos deur die hand van Jerobeam, seun van Joas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wou nie almal in die land Israel laat sterf nie, en Hy het vir Jerobeam seun van Joas gehelp om vir Israel te red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aangesien die Here nie besluit het om Israel van die aardbodem af weg te vee nie, het Hy Jerobeam II, die seun van Joas, gebruik om hulle te red. |