2 Kings 14:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die Here het die bittere lyding in Israel gesien, en dat daar hoegenaamd niemand was wat hulle kon help nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die HERE het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het die bittere ellende van Israel raakgesien: Israel was volkome weerloos en sonder enige helper. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het immers gesien dat die ellende van Israel baie bitter was. Dit was klaarpraat met wie gevange geneem is en wie vrygelaat is; en daar was geen helper vir Israel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesien dit gaan sleg met Israel, baie sleg. Daar was toe niemand wat vir Israel kon help nie, nie 'n slaaf of 'n vry mens nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het die bitter lyding van die Israeliete gesien. Hulle was heeltemal gedaan, want daar was niemand wat hulle kon help nie. |