2 Kings 14:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Joaddan van Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 Amasia was 25 jaar oud toe hy koning geword het en hy het 29 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Jehoaddan van Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het; en nege en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jo ddan van Jerusalem.
Afrikaans 1983 Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jehoaddan, uit Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het nege-en-twintig jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Jehoaddan, uit Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Amasia was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 29 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma se naam was Jehoaddan, sy was van Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Amasia was 25 toe hy koning geword het en hy het 29 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jehoaddan, afkomstig uit Jerusalem.