2 Kings 14:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ahásia, in Bet-Semes geneem en in Jerusalem gekom en die muur van Jerusalem afgebreek van die Efraim-poort af tot by die Hoekpoort, vier honderd el.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda by Bet-Semes gevang. Daarna ruk hy op na Jerusalem toe waar hy ongeveer 180 meter van Jerusalem se muur afgebreek het. Dit was vanaf die Efraimspoort tot by die Hoekpoort.
Afrikaans 1933/1953 En Joas, die koning van Israel, het Am sia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ah sia, by Bet-Semes gevang; en hy het in Jerusalem gekom en vier honderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.
Afrikaans 1983 Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda, seun van Joas seun van Ahasia, gevange geneem in Bet-Semes. Toe Joas in Jerusalem kom, het hy 'n stuk muur van Jerusalem laat afbreek van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort, honderd en tagtig meter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joas, koning van Israel, het Amasia, seun van Jehoas, seun van Ahasia, koning van Juda, in Bet-Semes gevange geneem. Joas het Jerusalem binnegegaan en die stadsmuur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort tot by die Hoekpoort – vierhonderd el.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Joas van Israel het vir koning Amasia seun van Joas seun van Ahasia gevang by Bet-Semes en hy het vir Amasia na Jerusalem gebring. Daar het Joas 'n stuk van Jerusalem se muur laat afbreek, die stuk muur was 400 el lank. Dit was tussen die Efraim-poort en die Hoek-poort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joas het Amasia in Bet-Semes gevang en verder getrek Jerusalem toe. Daar het hy ’n stuk van Jerusalem se muur laat afbreek: omtrent 180 meter tussen die Efraimspoort en die Hoekpoort.