2 Kings 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Amasia wou nie hoor nie. Daarom het Joas, die koning van Israel, opgetrek; en hy en Amásia, die koning van Juda, het mekaar in die aangesig gekyk by Bet-Semes, wat aan Juda behoort.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Amasia wou nie luister nie. Koning Joas van Israel het toe sy leër opgeroep om teen koning Amasia oorlog te maak. Die twee leërs het by Bet-Semes in Juda teenoor mekaar stelling ingeneem.
Afrikaans 1933/1953 Maar Am sia het nie geluister nie. Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hy en Am sia, die koning van Juda, het mekaar se aangesig gesien by Bet-Semes wat aan Juda behoort.
Afrikaans 1983 Koning Amasia van Juda het nie geluister nie. Hy het teen koning Joas van Israel opgetrek en in Bet-Semes in Juda het hulle slaags geraak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Amasia het egter nie geluister nie. Joas, koning van Israel, trek toe op en hy en Amasia, koning van Juda, het mekaar in die oë gekyk by Bet-Semes, wat aan Juda behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Amasia wou nie luister nie. Toe het koning Joas van Israel gekom, en hy en koning Amasia van Juda het teen mekaar oorlog gemaak in die stad Bet-Semes. Bet-Semes het aan Juda behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Amasia wou nie luister nie. Joas van Israel het toe teen Amasia van Juda gaan veg en hulle het by Bet-Semes in Juda slaags geraak.