2 Kings 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, jy het Edom geslaan, en jou hart het jou verhef; eer hiervan, en vertoef by die huis;
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het wel vir Edom verslaan, maar nou gaan dit na jou kop toe. Wees nou tevrede met jou oorwinning en bly tuis! Hoekom soek jy moeilikheid wat vir jou en Juda saam met jou ellende sal bring?”
Afrikaans 1933/1953 U het inderdaad die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig; geniet die eer en bly tuis. Waarom wil u u tog in die ongeluk stort, dat u sou val, u en Juda saam met u?
Afrikaans 1983 Noudat jy Edom 'n groot neerlaag toegedien het, soek jy meer roem. Bly liewer by die huis. Waarom wil jy jou in die ongeluk stort en tot 'n val kom, jy en Juda saam met jou?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het inderdaad die Edomiete 'n nederlaag toegedien, en jou hart is opgetoë. Geniet die eer en bly tuis! Waarom wil jy jouself in die ongeluk dompel en tot 'n val kom, jy en Juda saam met jou?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het die Edomiete oorwin, dit is seker. En nou verbeel jy jou dat jy baie belangrik is. Bly by jou huis. Hoekom wil jy probleme maak vir jouself? Jy sal sterf, en die mense van Juda saam met jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het inderdaad nou vir Edom verslaan en jy voel trots daarop. Wees tog nou tevrede daarmee en bly by die huis! Waarom wil jy nou moeilikheid maak wat vir jou én die mense van Juda net ongeluk kan bring?”