2 Kings 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die verdere geskiedenis van Joahas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Die ander gebeurtenisse tydens Joahas se bewind, alles wat hy gedoen het en sy dapper dade, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En die verdere geskiedenis van Joahas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
Afrikaans 1983 Die ander verhale oor Joahas en alles wat hy gedoen het, en oor sy dapperheid is opgeteken in die annale van die konings van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verdere geskiedenis van Joagas, alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die ander dinge wat Joahas gedoen het, ook die dapper dinge wat hy gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die res van Joahas se geskiedenis en wat hy alles gedoen het, word vertel in Die lewe en werk van al Israel se konings.