2 Kings 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook nie van die volk aan Joahas oorgelaat nie, behalwe vyftig ruiters en tien strydwaens en tienduisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle verdelg en hulle gemaak soos die stof deur te dors. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Joahas se leër is verminder tot 50 berede troepe, tien strydwaens en 10 000 voetsoldate. Die koning van Aram het die ander doodgemaak soos stof onder sy voete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Voorwaar, hy het vir Joahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tien duisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word. |
| Afrikaans 1983 | Koning Gasael van Aram het die leër van Joahas vernietig en soos stof vertrap. Gasael het vir Joahas geen manskappe laat oorbly nie, net vyftig ruiters, tien strydwaens en tien duisend voetsoldate. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gasael het egter vir Joagas geen manskappe oorgelaat nie, behalwe vyftig perde en tien strydwaens, en tien afdelings voetsoldate. Ja, die koning van Aram het hulle ten gronde laat gaan, hy het hulle gemaak soos stof wat 'n mens vertrap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joahas het nie genoeg manne gehad om oorlog te maak nie. Daar was net 50 manne wat op perde gery het en tien oorlogkarre en 10 000 ander soldate. Die koning van Aram het die manne van Israel doodgemaak, hy het hulle soos stof getrap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uiteindelik het Israel se leër gekrimp tot ’n skamele 50 ruiters, tien strydwaens en 10 000 voetsoldate. Die Arameërs het die ander doodgemaak en die leër van Israel soos stof vertrap. |