2 Kings 13:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het nie afgewyk van die sondes van die huis van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie, maar daarin gewandel; en daar het ook die bos in Samaria oorgebly.)
Afrikaans (NLV) 2011 Nogtans het hulle voortgegaan om te sondig deur die bose voorbeeld van Jerobeam na te volg. Selfs die Asjerabeeld het in Samaria bly staan.
Afrikaans 1933/1953 Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jerobeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel, en selfs die heilige boomstam het in Samar¡a bly staan.
Afrikaans 1983 Ten spyte hiervan het hulle nie afgesien van die sonde wat die koningshuis van Jerobeam vir Israel laat doen het nie. Hulle het daarmee volhard. Selfs die Asjerabeeld het in Samaria bly staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle het nie afgewyk van die sondes van die huis van Jerobeam waarmee hy Israel laat sondig het nie. Daarmee het Joagas volgehou. Selfs die asjera het in Samaria bly staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hulle het nog dieselfde sondes gedoen wat die familie van Jerobeam gedoen het en wat hulle die mense van Israel laat doen het. Die gewyde paal het ook nog in Samaria gestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het egter aangehou met die sonde wat by Jerobeam begin het. Hulle het selfs die Asjerabeeld in Samaria laat bly staan.