2 Kings 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (En die HERE het Israel 'n verlosser gegee, sodat hulle onder die hand van die Arameërs uitgetrek het; en die kinders van Israel het in hulle tente gewoon soos tevore. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het die Here ’n redder verwek om Israel van die tirannie van Aram te verlos. Daarna kon die Israeliete weer soos voorheen in hulle eie huise lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | *** |
| Afrikaans 1983 | Die Here het aan Israel 'n redder gegee sodat hulle bevry kon word uit die mag van Aram, en sodat die Israeliete weer soos vroeër in hulle eie huise kon woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het toe vir Israel 'n verlosser gegee, en hulle het onder die hand van Aram uitgekom. Die Israeliete kon toe weer in hulle tente woon soos voorheen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het toe vir Israel 'n redder gegee, en hulle het vry geword van die Arameërs. Die mense van Israel kon toe weer in hulle huise woon, soos voorheen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Israel ’n redder gegee wat hulle van die Aramese onderdrukking kon verlos. Daarna kon hulle weer soos vroeër in vrede lewe. |