2 Kings 13:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joahas het die HERE gesmeek, en die HERE het na hom geluister, want hy het die verdrukking van Israel gesien, omdat die koning van Aram hulle verdruk het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Joahas het tot die Here gebid om hulp en die Here het sy gebed verhoor. Die Here het gesien hoe die koning van Aram vir Israel onderdruk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Joahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek. Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk. |
| Afrikaans 1983 | Joahas het die Here om genade gesmeek. Die Here het sy gebed verhoor, want die Here het opgemerk hoe wreed die koning van Aram hulle onderdruk het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Joagas het die Here se guns gesoek, en die Here het na hom geluister, want Hy het die verdrukking van Israel raakgesien; ja, die koning van Aram het hulle onderdruk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joahas het vir die Here gevra om hulle sondes te vergewe, en die Here het gedoen wat Joahas gevra het, want die Here het gesien dat die koning van Aram die mense van Israel laat swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joahas het by die Here gepleit om hulp. Die Here het sy gebed verhoor, want Hy kon sien hoe erg die Arameërs Israel verdruk. |