2 Kings 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle gegee in die hand van Hásael, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, al hulle dae.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom was die Here kwaad vir Israel en het Hy toegelaat dat koning Gasael van Aram en sy seun Ben-Hadad Israel keer op keer verslaan.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van H sael, die koning van Aram, en in die hand van B,nhadad, die seun van H sael, al die dae.
Afrikaans 1983 Daarom het die Here toornig geword op Israel en hulle gedurende die regering van Joahas oorgegee in die mag van koning Gasael van Aram en in die mag van Ben-Hadad seun van Gasael.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die toorn van die Here het teen Israel ontbrand en Hy het hulle oorgegee in die hand van Gasael, die koning van Aram, en in die hand van Ben-Hadad, die seun van Gasael, gedurende daardie hele tyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het kwaad geword vir die mense van Israel, en Hy het hulle vyande, koning Gasael van Aram en Ben-Hadad seun van Gasael, gehelp. Israel het die oorloë teen hulle verloor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het die Here se woede Israel getref, want Hy het toegelaat dat Gasael, die koning van Aram, en sy seun Ben-Hadad Israel gereeld verslaan.