2 Kings 13:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Joas, die seun van Joahas, het weer uit die hand van Benhadad, die seun van Hásael, die stede geneem wat hy uit die hand van sy vader Joahas in die oorlog geneem het. Drie maal het Joas hom geslaan en die stede van Israel teruggekry.
Afrikaans (NLV) 2011 Joas seun van Joahas het die dorpe wat Ben-Hadad seun van Gasael van Joas se pa Joahas geneem het, herower. Joas het Ben-Hadad drie keer verslaan en die Israelitiese dorpe herwin.
Afrikaans 1933/1953 En Joas, die seun van Joahas, het weer die stede uit die hand van B,nhadad, die seun van H sael, teruggeneem wat hy aan sy vader Joahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.
Afrikaans 1983 Joas seun van Joahas het van Ben-Hadad seun van Gasael die stede teruggewen wat Ben-Hadad in die oorlog afgevat het van Joas se pa. Drie maal het Joas vir Ben-Hadad verslaan en Israel se stede herower.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joas, seun van Joagas, het die dorpe teruggeneem uit die hand van Ben-Hadad, seun van Gasael, wat hy in die oorlog afgeneem het by Joagas, Joas se vader. Drie maal het Joas hom verslaan en die dorpe van Israel herower.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joas seun van Joahas het toe die stede teruggevat van Ben-Hadad. Dit was die stede wat Gasael voorheen in die oorlog gevat het van Joas se pa Joahas. Joas het vir Ben-Hadad drie maal oorwin en hy het die stede van Israel teruggevat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joas, die seun van Joahas, het die Israelitiese stede van Ben-Hadad teruggeneem wat Ben-Hadad se pa Gasael vroeër van Joahas verower het. Joas het Ben-Hadad drie keer verslaan en só die stede van Israel teruggeneem.