2 Kings 13:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE was hulle genadig en het medelye met hulle gehad en hulle ontferm vanweë sy verbond met Abraham, Isak en Jakob, en Hy wou hulle nie vernietig en hulle nog nie van sy aangesig verwerp nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here was hulle genadig. Hy het Hom oor hulle ontferm op grond van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou hulle nie vernietig nie. Tot nou toe het Hy hulle nie van sy teenwoordigheid verdryf nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.
Afrikaans 1983 Die Here was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm. Hy het Hom na hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou hulle nie vernietig nie; Hy het hulle tot nou toe nie verwerp nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Here was hulle genadig. Hy het Hom oor hulle ontferm en Hom na hulle gekeer ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou hulle nie vernietig nie en het hulle nie uit sy teenwoordigheid verdryf nie – tot nou toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here was genadig vir die mense van Israel. Hy was jammer vir hulle en Hy het aan hulle gedink omdat Hy 'n verbond gemaak het met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou nie hê dat die mense van Israel almal moet sterf nie. Hy het toe nog nie besluit om hulle heeltemal te los nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Here was die Israeliete genadig sodat hulle nie heeltemal vernietig is nie. Hy het hulle ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob jammer gekry en tot nog toe nie vernietig en verwerp nie.