2 Kings 13:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, kyk, het hulle 'n bende manne bespied; en hulle het die man in die graf van Elísa gegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Eenkeer was ’n klompie Israeliete besig om ’n man te begrawe toe hulle so ’n bende plunderaars opmerk. Hulle gooi toe die liggaam gou in Elisa se graf. Maar net toe die liggaam Elisa se bene raak, het die dooie man herlewe en regop gestaan!
Afrikaans 1933/1953 En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van El¡sa gegooi; en toe die man met die gebeente van El¡sa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.
Afrikaans 1983 Toe mense op 'n keer besig was om iemand te begrawe, sien hulle skielik so 'n bende. Hulle het die man se lyk in Elisa se graf gegooi. Toe die lyk aan Elisa se bene raak, het die man lewend geword en regop gaan staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl mense besig was om 'n man te begrawe, sien hulle skielik die bende. Hulle gooi toe die man in die graf van Elisa en gee pad. Toe die man aan Elisa se beendere raak, het hy lewendig geword en regop gaan staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag wou mense iemand gaan begrawe. Hulle sien toe 'n groep Moabiete en hulle gooi die persoon se liggaam in 'n graf, dit was Elisa se graf. Toe die man se liggaam aan Elisa se bene raak, het die man weer begin lewe en hy het regop gaan staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eenkeer was ’n klompie Israeliete besig om ’n man te begrawe toe hulle een van die bendes opmerk. Hulle het die lyk toe sommer in Elisa se graf gegooi. Toe sy liggaam aan Elisa se bene raak, het hy lewendig geword en opgestaan!