2 Kings 13:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, gevolg wat Israel laat sondig het; hy het nie daarvan weggegaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here. Hy het net soos Jerobeam seun van Nebat vir Israel tot afgodery verlei. Hy het nie daarvan afgewyk nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en agter die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie. |
| Afrikaans 1983 | en gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het dieselfde sonde gedoen as wat Jerobeam seun van Nebat vir Israel laat doen het. Daarvan het hy nie afgewyk nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die sondes nagevolg van Jerobeam, seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het; hy het nie daarvan afgewyk nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joahas het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het dieselfde sondes gedoen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het en wat hy die mense van Israel laat doen het. Joahas het nie opgehou om hierdie sondes te doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here was nie tevrede met Joahas se optrede nie. Hy het aangehou met die sonde wat Jerobeam Israel laat doen het. |