2 Kings 13:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die man van God was kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses keer geslaan het; dan het jy Arameërs verslaan totdat jy dit verteer het; maar nou sal jy Arameërs maar drie maal verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die man van God het baie kwaad geword vir hom. “Jy moes vyf of ses keer geslaan het!” roep hy uit. “Dan sou jy Aram verslaan en heeltemal verwoes het. Nou sal jy net drie keer oor Aram seëvier.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.
Afrikaans 1983 Die man van God het baie kwaad geword vir die koning en gesê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het, maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man van God het hom bloedig vererg vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het; maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man van God het kwaad geword en vir Joas gesê: “Jy moes vyf of ses maal geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal oorwin het en hulle sou niks meer kon doen nie. Maar nou sal jy net drie maal vir Aram oorwin.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het Elisa kwaad gemaak en hy het vir die koning gesê: “Jy moes ten minste vyf of ses keer teen die grond geslaan het! Dan sou jy die Arameërs behoorlik verslaan het. Nou sal jy hulle net drie keer verslaan.”