2 Kings 13:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Maak die venster oop na die ooste. En hy het dit oopgemaak. Toe sê Elisa: Skiet! En hy het geskiet. En hy sê: Die pyl van die verlossing van die HERE en die pyl van verlossing uit Aram, want jy sal die Arameërs in Afek verslaan totdat jy hulle verteer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna beveel hy: “Maak die venster na die ooste toe oop.” Hy het so gemaak. Elisa sê vir hom: “Skiet!” Hy het so gemaak. Toe kondig Elisa aan: “Die pyl van die Here se oorwinning, ’n pyl van oorwinning oor Aram. Jy sal die Arameërs by Afek heeltemal verslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En El¡sa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: 'n Pyl van oorwinning van die HERE en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek. |
| Afrikaans 1983 | en gesê: “Maak die venster aan die oostekant oop.” Die koning het dit oopgemaak, en Elisa het beveel: “Skiet!” Toe skiet die koning, en Elisa sê: “'n Pyl van die Here se oorwinning, 'n pyl van oorwinning oor Aram! Jy sal Aram verpletterend verslaan in Afek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe: “Maak die venster aan die oostekant oop!” Hy het dit oopgemaak. Daarop sê Elisa: “Skiet!” Hy skiet toe. “'n Pyl van oorwinning vir die Here, 'n pyl van oorwinning teen Aram,” het Elisa gesê. “Jy sal Aram in Afek heeltemal verslaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en gesê: “Maak oop die venster na die ooste.” Joas het dit gedoen, en toe sê Elisa: “Skiet.” Joas het 'n pyl geskiet, en toe sê Elisa: “Die pyl beteken die Here sal oorwin, die Here sal die land Aram oorwin. Jy sal die Arameërs in die stad Afek oorwin, hulle sal later niks meer kan doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarop sê Elisa: “Maak die venster na die oostekant toe oop!” Die koning het dit gedoen. Toe sê Elisa: “Skiet!” Toe hy geskiet het, sê Elisa: “Dit is die Here se pyl van oorwinning oor Aram, want jy sal die Arameërs volkome by Afek verslaan. |