2 Kings 13:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê aan die koning van Israel: Sit jou hand op die boog. En hy het sy hand daarop gelê, en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elisa sê vir hom: “Sit jou hande op die boog.” Hy het so gemaak. Elisa sit toe sy eie hande oor die koning s’n. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en El¡sa het sy hande op die hande van die koning gelê. |
| Afrikaans 1983 | sê Elisa vir hom: “Sit jou hand op die boog.” Die koning het sy hand op die boog gesit. Elisa het toe sy eie hande op die hande van die koning gesit |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê hy vir die koning van Israel: “Hou die boog gereed!” Toe hy dit gereedhou, lê Elisa sy hande op die koning se hande. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Elisa het vir hom gesê: “Sit jou hand op die boog.” Die koning het dit gedoen, en Elisa het sy hande op die koning se hande gesit |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en toe sê Elisa: “Sit nou jou hande op die boog.” Hy het dit ook gedoen. Toe sit Elisa sy hande bo-oor die koning se hande. |