2 Kings 13:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Elisa het siek geword van sy siekte waarvan hy gesterf het. En Joas, die koning van Israel, het na hom afgekom en oor sy aangesig geween en gesê: My vader, my vader, strydwa van Israel en sy ruiters! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elisa het siek geword en op sterwe gelê. Koning Joas van Israel het hom besoek en oor hom gehuil. “My vader! My vader! Die strydwa en ruiters van Israel!” het hy uitgeroep. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe El¡sa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! |
| Afrikaans 1983 | Elisa het ernstig siek geword en op sterwe gelê. Koning Joas van Israel het hom gaan besoek en het oor hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, u was vir Israel die strydwa met sy ruiters!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elisa was reeds siek aan die kwaal waaraan hy sou sterf. Joas, die koning van Israel, het na hom toe afgegaan, in sy teenwoordigheid gehuil en gesê: “My vader, my vader, strydwa van Israel en sy perde!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elisa was baie siek. 'n Kort tyd voordat hy gesterf het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom en by hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, jy is Israel se oorlogkar en sy soldate op perde!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Elisa dodelik siek aan sy laaste siekte gelê het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom. Joas het gehuil en vir Elisa gesê: “My vader! My vader! U is vir Israel soos ’n strydwa met sy ruiters!” |