2 Kings 13:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade waarmee hy geveg het teen Amásia, die koning van Juda, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander gebeurtenisse tydens Joas se bewind, alles wat hy gedoen het, sy dapper dade tydens sy oorloë met koning Amasia van Juda, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy teen Am sia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie? |
| Afrikaans 1983 | Die ander verhale oor Joas en alles wat hy gedoen het, die dapperheid waarmee hy teen koning Amasia van Juda geveg het, is opgeteken in die annale van die konings van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die verdere geskiedenis van Joas, alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg het teen Amasia, die koning van Juda, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die ander dinge wat Joas gedoen het, ook die dapper dinge toe hy oorlog gemaak het teen koning Amasia van Juda, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van Joas se geskiedenis en wat hy alles gedoen het, ook sy dapperheid in sy gevegte teen Amasia, die koning van Juda, word vertel in Die lewe en werk van al Israel se konings. |