2 Kings 12:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die priester Jójada het 'n kis geneem en 'n gat in die deksel daarvan geboor en dit langs die altaar neergesit, aan die regterkant as 'n mens in die huis van die HERE ingaan; en die priesters wat die deur bewaak het, het al die geld wat in die huis van die HERE ingebring is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester Jojada het ’n kis gevat, ’n gat in die deksel geboor en dit by die altaar regs van die ingang van die tempel van die Here neergesit. Die priesters wat by die ingang waggehou het, het al die geld wat na die tempel van die Here gebring is, in die kis gegooi.
Afrikaans 1933/1953 Toe neem die priester Jojada 'n kis en boor 'n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as 'n mens in die huis van die HERE inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van die HERE ingebring is, daarin gegooi.
Afrikaans 1983 Die priester Jojada het 'n kis gevat, 'n gat in die deksel geboor en dit langs die altaar neergesit, regs van waar 'n mens die huis van die Here binnekom. Die priesters wat by die drumpel wag gestaan het, het al die geld wat na die huis van die Here toe gebring is, daarin gegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester Jojada het 'n kis geneem, 'n gat in die deksel geboor en dit langs die altaar neergesit, aan die regterkant, soos mens die huis van die Here binnegaan. Die priesters wat deurwagters was, het al die geld wat in die huis van die Here ingebring is, daarin geplaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester Jojada het toe 'n kis geneem en hy het 'n gat in die deksel gemaak. Hy het die kis neergesit regs langs die altaar, waar die mense inkom. Die priesters wat by die deure wagstaan, het al die geld geneem wat mense na die tempel gebring het en hulle het die geld in die kis gegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priesters het ingestem: hulle sou nie meer die bydraes ontvang nie, maar dan sou hulle ook nie meer verantwoordelik wees vir die herstel van die tempel nie.