2 Kings 12:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priesters het ingestem om nie meer geld van die volk te ontvang nie en ook nie om die skeure van die huis te herstel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priesters onderneem toe om nie meer geld van die mense te kollekteer nie. Hulle het ook ooreengekom om nie self die herstelwerk van die tempel te doen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priesters het ingewillig om geen geld van die volk aan te neem nie en om die bouvallige plekke van die huis dan ook nie te herstel nie. |
| Afrikaans 1983 | Die priesters het toe onderneem om nie langer geld van die volk te aanvaar solank hulle nie die bouvallige plekke herstel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters het toe ingestem om nie enige geld van die volk in ontvangs te neem nie, en om nie die bouvallige plekke in die tempel te herstel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters het gesê dit is goed, hulle sal nie meer die geld wat die mense bring, hou nie, hulle sal dit net gebruik om die tempel reg te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joas het Jojada en die ander priesters byeengeroep en gevra: “Waarom het julle nie die tempel herstel nie? Van nou af mag julle nie meer die tempelbydraes vir julleself gebruik nie. Dit moet alles gaan vir die restourasie van die tempel.” |