2 Kings 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dit was so dat die priesters in die drie en twintigste jaar van koning Joas nie die skeure van die huis herstel het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 In die 23ste regeringsjaar van Joas het die priesters egter nog nie die vervalle dele aan die tempel herstel nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe in die drie en twintigste jaar van koning Joas die priesters die bouvallige plekke van die huis nie herstel het nie,
Afrikaans 1983 In die drie en twintigste regeringsjaar van koning Joas het die priesters die bouvallige plekke in die tempel nog steeds nie herstel gehad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die drie-en-twintigste regeringsjaar van koning Jehoas het die priesters egter nog nie die bouvallige plekke in die tempel herstel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar in die 23ste jaar nadat Joas koning geword het, het die priesters nog nie die werk aan die tempel begin doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priesters kon dié geld hou, maar hulle moes dit ook gebruik om die tempel te restoureer waar daar swak plekke was.