2 Kings 12:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Joas sê vir die priesters: Al die geld van die gewyde gawes wat in die huis van die HERE gebring word, die geld van elkeen wat op die rekening kom, die geld waarop elkeen vasgestel is, en al die geld wat kom in enige mens se hart om in die huis van die HERE te bring,
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag sê Joas vir die priesters: “Vat al die geld wat as ’n gewyde offer na die Here se tempel gebring is. Dit is waarvoor elkeen persoonlik aangeslaan word, en dit wat elkeen vrywillig na die tempel van die Here toe bring.
Afrikaans 1933/1953 En Joas het aan die priesters gesê: Al die geld wat as heilige gawes in die huis van die HERE gebring word, gangbare geld, elkeen se personegeld waarvoor hy geskat is, en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van die HERE bring,
Afrikaans 1983 Joas het vir die priesters gesê: “Neem al die geld wat as gewyde gawes na die huis van die Here toe gebring word: die geld wat gekollekteer word, dié waarvoor elkeen persoonlik aangeslaan word en dié wat as vrywillige gawes na die huis van die Here toe gebring word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Jehoas vir die priesters: “Al die silwer van die •heilige gawes wat na die huis van die Here gebring word, die losgeld by 'n volkstelling, die geld van die loskoopwaardes van persone, asook enige geld wat iemand graag na die huis van die Here wil bring,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joas het vir die priesters gesê hulle moet al die geld neem wat mense wy en wat hulle na die tempel bring, die geld wat hulle móét bring en die geld wat hulle self wil bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was net een fout: hy het nie die heidene se heilige plekke vernietig nie. Die mense kon aanhou om daar diere te gaan offer en om wierook te brand.