2 Kings 12:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Josagar, die seun van Simeat, en Jósabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom verslaan, sodat hy gesterf het; en hulle het hom by sy vaders in die stad van Dawid begrawe, en sy seun Amásia het in sy plek geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die samesweerders was sy amptenare Sabad seun van Simat en Josabad seun van Somer. Joas is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Amasia het hom opgevolg.
Afrikaans 1933/1953 Josabad, die seun van S¡meat, en Josabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom doodgeslaan; en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid, en sy seun Am sia het in sy plek koning geword.
Afrikaans 1983 Dit was sy amptenare Sabad seun van Simat en Josabad seun van Somer wat hom doodgemaak het. Hy is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Amasia het hom as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josabad, seun van Simat, en Josabad, seun van Somer, sy amptenare, het hom neergevel, en hy het gesterf. Hy is begrawe by sy voorvaders in die Stad van Dawid. Amasia, sy seun, het in sy plek koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was sy amptenare Josabad seun van Simat en Jehosabad seun van Somer wat hom doodgemaak het. Hy het gesterf, en sy mense het hom begrawe by sy voorvaders in die Dawidstad. Sy seun Amasia het koning geword ná hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van sy amptenare het teen hom in opstand gekom en hom by Bet-Millo, langs die pad na Silla toe, doodgemaak.