2 Kings 12:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die skuldgeld en sondegeld is nie in die huis van die HERE ingebring nie; dit was die priesters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die geld wat gegee is vir skuldoffers en sonde-offers is egter nie na die tempel van die Here gebring nie. Dit was vir die priesters bedoel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van die HERE gebring nie; dit was vir die priesters. |
| Afrikaans 1983 | Die geld vir skuldoffers en sondeoffers is nie in die huis van die Here gebring nie; dit was vir die priesters bestem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die geld van die •hersteloffers en die geld van die •reinigingsoffers is nie ingeneem in die huis van die Here nie; dit het aan die priesters behoort. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense het ook geld betaal vir skuld-offers en vir sonde-offers, maar die voormanne het nie daardie geld gebruik vir die tempel nie, daardie geld was vir die priesters. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is ook nie van die kontrakteurs verwag om verslag oor die geld te doen nie. Hulle het hulle werk in goeie trou gedoen. |