2 Kings 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar is vir die huis van die HERE geen silwerbakke, snuiters, komme, trompette, enige goue voorwerpe of silwervoorwerpe gemaak van die geld wat in die huis van die HERE ingebring is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die geld wat na die tempel toe gebring is, is nie gebruik om silwerbekers, snuiters vir die lampe, wasbakke, trompette of ander gereedskap van goud of silwer vir die tempel van die Here te maak nie.
Afrikaans 1933/1953 Ewenwel is daar in die huis van die HERE geen silwerskottels, messe, komme, trompette -- enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in die huis van die HERE gebring is nie.
Afrikaans 1983 Daar is geen silwerbakke, skêre, komme of trompette gemaak vir die huis van die Here nie; geen silwer- of goue gereedskap is gemaak van die geld wat na die huis van die Here toe gebring is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is egter nie vir die huis van die Here silwerbakke, messe, offerbakke of trompette – enige goue of silwergereedskap – gemaak van die geld wat in die huis van die Here ingebring is nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het nie die geld gebruik om silwerbakke, skêre, skottels, trompette of enige ander goue of silwer gereedskap vir die tempel te maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) messelaars en klipkappers aangestel om die herstelwerk aan die gebou te doen. Hulle moes hout en bouklippe voorsien om die vervalle dele van die gebou te herstel. Al dié kostes is uit die tempelbydraes betaal.