2 Kings 12:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die geld, nadat dit meegedeel is, in die hand van die wat die werk gedoen het, wat toesig oor die huis van die HERE gehad het, gegee; en hulle het dit uitgegee aan die skrynwerkers en bouers wat aan die huis van die HERE gewerk het, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hulle die geld aan die opsieners van die bouery gegee. Hulle, weer, het dit gebruik om die werkers wat die tempel van die Here herstel het, te betaal. Daar was skrynwerkers en bouers, |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die huis van die HERE aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die HERE gewerk het, |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die afgetelde geld oorbetaal aan die werksvoormanne wat vir die huis van die Here aangestel is. Dié het dit oorbetaal aan die skrynwerkers en bouers wat die werk aan die huis van die Here moes uitvoer, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die geld, waarvan die waarde vasgestel is, oorhandig aan die voormanne wat by die huis van die Here aangestel was. Hulle het dit dan uitgekeer aan die skrynwerkers en bouers wat aan die huis van die Here gewerk het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hulle die geld gegee vir die voormanne wat die werk moes laat doen, en die voormanne het die geld gebruik om die skrynwerkers en die bouers wat aan die tempel gewerk het, te betaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle sien die kis raak vol, het die staatsekretaris en die hoëpriester die geld wat tempel toe gebring is, getel en in sakkies gesit. |